Eskort Limited - Life's Delicious :: Customer Care 0800 203 193 ::
Chakalaka-Lasagne
Chakalaka-Lasagne

Die kompetisie was sterk in Eskort se soektog na die lekkerste familieresep in Suid-Afrika, maar eindelik het hierdie lipleklekker gereg met die louere weggestap.

Ons almal weet varkvleis is heerlik en baie veelsydig, maar Eskort se familieresepkompetisie in samewerking met Huisgenoot het behoorlik ons smaakbeker laat oorloop.

Honderde klassieke, smaaklike en innoverende resepte is ontvang en deur Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus, herskep, waarna ’n paneel kenners die moeilike taak gehad het om die disse te toets en eindelik die smaaklikste gereg van almal aan te wys.

Belinda Burdett se chakalaka-lasagne was die dis wat die beoordelaars se tong die meeste geprikkel het, en dis duidelik hoekom!

Ons het met Belinda gesels oor haar wenresep en hoekom sy daarop besluit het.

“Dis iets anders, maar maklik en vinnig om te maak . . . en my man hou daarvan,” vertel sy laggend. “Hy hou glad nie van sterk kos nie, maar is mal oor dié chakalaka-lasagne.”
“Ek het die resep self geskep, so dis ’n nuwe resep in ons familie, maar een wat ek hoop van geslag tot geslag oorgedra sal word,” sê sy.  Sy en haar man is ook gek oor Eskort se varkworsies en gebruik dit gereeld in disse. “My broccolislaai wat ek met Eskort-spekstukkies maak, is ook baie gewild.”

Belinda stap weg met ’n R5 000-geskenkbewys van Checkers, ’n afskrif van die Eskort 100 Years 100 Recipes-resepteboek en ’n digitale inskrywing op Huisgenoot. Haar resep sal ook in ’n Oktober-uitgawe van Huisgenoot verskyn.

Bederf jou gesin met dié wenresep:

“Belinda Burdett draai lasagne op sy kop en berei dit in ’n kits met Eskort se klaargaar varkfrikkadelletjies en blikkies chakalaka wat ook ’n heerlike Suid-Afrikaanse kinkel daaraan verleen,” sê Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakteur.

Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaak: 20 minute
Genoeg vir 6 mense

Bestanddele:

 

2 x 350 g

Eskort Mini-Varkfrikkadelle

2 blikkies

chakalaka met mielies of patat

2 x 38 g

kaassous

8

lesagnevelle

250 ml

gerasperde sterk cheddarkaas

Metode:

  • Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ’n oondvaste bak. 

  • Pak die helfte van die varkfrikkadelletjies in die oondvaste bak.  

  • Skep een blikkie chakalaka oor die frikkadelle.

  • Maak die witsous aan soos beskryf op die pakkie en smeer bo-oor frikkadelle en chakalakamengsel.

  • Week vier lasagnevelle een vir een in kookwater en pak bo-op die chakalaka.

  • Herhaal die lae en smeer laastens ’n laag kaassous oor. Sprinkel die gerasperde kaas bo-op.

  • Bak 20 - 30 minute of tot goed warm en die kaas bo-op gesmelt en effens verbruin het. 

  • Sit voor met slaai.

Belinda het Mild & Spicy Chakalaka gebruik, maar sy noem dat Hot & Spicy Chakalaka ook gebruik kan word vir mense wat van sterk kos hou.

 
Recipe Meal Types: - Dinner - Pasta - Mother's Day Special - Winter Warmers - Lunch
The following product can be used with this recipe:
Eskort Mini Frikkadels

Quick Recipes Search
Eskort's on Facebook See Eskort on Facebook
Eskort Customer Care
0800 203 193
info@eskort.com
Search the whole Eskort Site
Like this page on Facebook